Bulshoek

 

Desember 2008

Hoekom word petrol met R1.50 verlaag net na die vakansie?

O Jafta, My Jafta!!

Ek onthou jou soos jy in die pad afstap met jou skraal skouers en reguit voetval. Ek onthou jou paar groot woorde geoefen om korrek uitgespreek te word op die perfekte oomblik. Ek onthou jou vriendelike groet met ? effe van ? kopknik. Ek onthou jou ongeëwenaarde vermoë om ? faktap trekker agteruit te ry met sleepwa en al. Ek weet jy is werklik die enigste ou wat ek ken wat ‘n bos kon snoei om soos ‘n boom te lyk. Ek onthou jou somtydse hakkel. Ek weet ook dat as gevolg van jou ongeletterdheid, jou absolute onvermoë om gedagtes in woorde uit te druk, het jou werklike intelligensie, vir so baie verborge gebly. Jy was werklik die hoeksteen van De Hoek.

Die frustrasie wat in jou are gegloei het met mense wat jou nie verstaan nie het somtyds wild aan jou slape geklop. Watter paaie moes jy deur jou eie kop stap om by die vullishope van jou lewe uit te kom? Hoe eensaam, vreesbevange, angstig was jy toe jy daar alleen voor die trekker gaan lê het? Hoeveel keer het jy omgedraai weg van daai selfde paaie sonder dat enige iemand eers geweet het waar jy in jou slapelose nagte wandel ? Het jy ooit met iemand probeer praat? Het iemand ooit probeer luister? Het iemand ooit gevra: “Hoe gaan dit met jou Jafta?” Veral na jou persoonlike seerkry. Hoe koud en eensaam was dit op die bed van vlekvrye staal daar in Vredendal se lykshuis? Hoe eensaam was jou begrafnis? Wie was daar? Nee sê liewer wie was nie daar nie? Het hulle geskitter in hulle afwesigheid? Was hulle toe wel Sondag op die kerk banke? Hoe stil is jou graf nou? Het jy rus gevind my vriend, my broer? Ai, Fok weet, ek sukkel nog steeds na amper vyftig jaar om my eie mense en menswees te verstaan. Ek vir een sal jou mis O Jafta, My Jafta.

So waar as wragtig, ek ken nie vir jou nie.

Op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck met 82 mans en 8 vrouens hier in Tafelbaai aangekom. Wie van julle het al gedink dit is sommer moerse verdag? Onder die agt vrouens was sy eie vrou ingesluit. So ek wil nie regtig weet hoe dit op daai skuitjies gegaan het met daai paar Hollandse juffers en die klomp mans nie. Nog erger is die feit dat 130 manne dood is op see en ’n verdere 19 in die eerste winter hier aan die Kaap. Daai vrouens kon hulle klompe vol staan. Dit is verseker.


Vir die van julle wat dit nie geweet het nie, hier aanvaar ek sommer dit is die meeste van ons wat onder apartheid se geskiedenis boeke groot geword het, ou oom Jan was’n regte skelm, ‘n ware Afrika politikus nof voor hy in Afrika aangekom het. Terwyl hy daar in Tongking-Vietnam gestasioneer was, het hy sowaar as wragtig groot klompe geld gesteel van die VOC. Vir sy straf, as mens dit nou straf kan noem, is hy toe na die onderkant van Afrika gestuur met net een baie onduidelike opdrag. “Gaan spyker Afrika wit van onder af boontoe”. Ek weet dit staan nêrens aangeteken nie maar kyk met so klomp mans, as ons nou die dooies bytel, is dit mos net feite dat 212 manne en 8 vroue nie ’n gesonde buitepos hier sou vestig as daar nie bymotiewe was nie. Net so vir die wis, kan julle nou sien dat dinge het nog nooit verander nie. Selfs vandag nog word skelm politikusse, dit is nou die wat uitgevang word, op lang oorsese vakansies gestuur onder die vaandel van ambassadeur of goewerneur soos in daai dae. Om terug te kom by my storie. As julle nooit besef het hoekom daar saam met Jan van Riebeeck so baie mans en min vrouens aangekom het, sowel as oom Jan se drakoniese slawe wette, nou weet julle. Die manne was hier met ’n missie en ’n visie.

Met al die sterftes onder die bleeksiele het Oom Jan sommer vroeg al laat weet hy het versterkings nodig uit Holland. Daar was geen manier wat die manne kon presteer onder die Afrika son soos onder die wol komberse in die koue winters van Europa nie. Ongeag van lekker skaap tjoppies en oulike bruinboudjies kon die manne net nie bybly nie. Hier was ook net te veel ander afleiding. Visvang, branderplankry, jag en kerke met politieke motiewe stig, of is dit dalk nou anders om? Dit is met al die dinge dat groot, groot oupa grootjie in 1735 uit Holland hier geland het as deel van oom Jan se operasie “Verligting vir Afrika” . Nou soos dit enige ordentlike Landman sou betaam het Oupa sy staatsgegewe pligte nagekom en sommer ’n klomp kinders gehad in ’n baie kort tydjie met twee slawe vrouens. Dis nou ons groot, groot ouma grootjies of stammoeders soos die slim mense hulle sal noem.

Die slegte ding van oupa is dat hy sommer jonk dood is soos die meeste bleeksiele hier aan die onderpunt van Afrika aan een van verskeie natuurlike oorsake onder ander hartversaking, oorlog teen die Engelse, geweldadige huismoles of dronk onderonsies met wilde diere. Daar was dus sommer ? klomp middel geslagte om weer bietjie van die “swart” bloed uit te teël. Veral toe die Engelse tannies, na die oorlog, ons eensame oupagrootjies begin jammer kry, het. Dit was na die ongelukkige glipsie in die konsentrasiekampe toe daar teveel vroue gesterf het om in die plaaslike mans se behoeftes te voorsien. Die verdunning of uit teling was net genoegsaam dat die vorige regering sommer met die blote oog kon sien my oupa en ouma was “spierwit” blank. Dit was met die wat hulle begin het om mense in boksies te druk oor wie is dan nou OK en wie is dan nie. Oupa het nogal altyd gesê: “Die wiel sal draai my kind” en wragtig kyk dit het. Na amper veertig jaar van ongemaklikheid in kerke, skole, die broederbond en met die mense aan die ander kant van die spoorlyn is die wat OK was nie meer OK nie en die nie-so-OK is nou sommer weer baie OK. As dit nie vir daai dom donnerse regering was nie, was my SEB status ook nie so min werd vandag nie. Nou ja, ek het seker maar bietjie voorregte gehad as gevolg van die verbleikte swart vel en Hollandse van, dat ek nie te veel gekla het nie. Jy weet mos die witbrood onder die arm ding. Verskoon asseblief die toevallige gebruik van witbrood.


Sowaar as vet ondek my vrou toe ook tot groot verbasing dat haar voorsate eintlik Spaanse Jode was en nie Duitsers soos oorspronklike deur haar ouers vermoed is nie. As gevolg van ons voorouers se rondspyker en so seker maar ons eie sin ook, moet ons nou maar net eenvoudig aanvaar dat ons kinders verbaster is met bloed wat enige straat brak na tannie Suzie se opreggeteelde Chihuahua laat lyk. Afkomstige uit die adelstand van alle adelstande.


Met die dat ek nou die dag, weereens ? kennis by die dam, neerhalend hoor praat oor een van my donkerder bloedbroers, dog ek so by myselwers. Ek erken tenminste wie ek is. Miskien moet jy dalk net oppas vir wie jy sê: “jou oumagrootjie se oumagrootjie se ma se moer.” Jy vloek dalk ook net een van jou verskeie voorsate. So, voordat jy my dalk ooit jou vriend wil noem net omdat ons toevallig al twee ? plekkie by die dam het en eienaardig genoeg na al die jare se verbastering ook dieselfde velkleur het wil ek net vir jou sê: 

Wag net so ? bietjie...wie is djy nou eintlik weer? “

Kul jou hier, kul jou daar en siedaar.

Of sal ek liewer sê: “nou sien jy dit, nou sien jy dit nie – nee wag, daar is dit, so wragtig waar weer”. Dit is toe wat met die waterponies gebeur het by Bulshoekdam. “Wetgewing” is eensklaps aangekondig dat die goed verban is. So vir ? rukkie het ek gedog daar is na alles tog ? mate van regverdigheid in die lewe en toe ewe skielik toe is hulle sommer weer so in oorvloed daar. Nou ja, ek het nie die OEV se standpunt gehoor na die mislukte watergreep nie maar ons moet vir nou eers aanvaar waterponies is daar om te bly. Nou almal weet sekerlik na aanleiding van my vorige skrywe dat ek en my hond nie ooghare het vir ? waterponie nie maar ek het tog so effe van ? ernstige probleem met wat hier gebeur het. Na ons onsuksesvolle aansoek vir ? permanente slalombaan en die manier waarop dit gehanteer is, bestuurde demokrasie in werking,, was dieselfde opsie nie beskore vir die manne met die blink waterperde nie. Nou moet ek dus myself afvra: “Word dinge in die vergaderinge van die OEV so gemanipuleer om die minderes of net sekere se belange te beskerm?” Ek het geen reg om te probeer antwoord nie want ek was nog nie by een vergadering teenwoordig nie. ’n Gebrek aan stemreg hou my uit sulke vergaderinge. Ek wil ek egter nie alles afskiet wat die OEV doen nie. Beslis nie. Die blote feit dat verskillende sake op verskillende maniere gehanteer was maak sekere prosesse en besluite verdag. Moet ons nie dalk vra of die OEV se tyd uitgedien is nie. Is dit nie dalk nou tyd vir ’n meer inklusiewe organisasie nie. ? Watergebruikersvereniging (WGV) met insette van al die verskeie watergebruikers van Bulshoekdam. Daar is baie meer rolspelers as net grondeienaars langs en op die dam. Net hierdie afgelope naweek het ek gehoor dat daar moontlik probleme kan wees met te veel stront in die dam. Sonder samewerking van almal en alle partye wat Bulkshoekdam gebruik vir watter rede ook al sal die probleem nooit reg aangespreek word nie.

Wat is in ? naam

Ai, was ek maar jammer vir myself toe daar besluit is ons kan nie ? permanente slalombaan op Bulshoekdam vestig nie. Ek is oortuig my kinders gaan al Andy Mapple se wêreld rekords eendag breek en tot die teendeel bewys word sal ek dit by glo. Jy kan mos sommer in my gene sien my kinders het wêreld rekord potensiaal. Dan is daar sommer ook ? klomp ander ouens langs die dam wat dieselfde ding glo. Nie net oor hulle kinders nie maar oor hulle eie ski vermoëns. Ou Jasper sê mos sommer nou die dag dat miskien met ek en hy ook weer begin professioneel ski. Ek weet nou nie van hom nie maar die sportsdokters het reeds ? rukkie terug al onomwonde bewys dat my arms te kort is om ? wêreld klas skier te word. Hulle pas nie meer so lekker om my maag nie.


Net so ietsie ter nagedagtes. Die DWARF se aanbevelings vir die grote stuk water wat nodig is vir ? slalombaan in hulle watersonerings riglyne is 16ha per slalombaan. Onthou ons soek net een. Hulle aanbeveling vir die grote stuk water wat nodig is vir enige kragboot wat iets sleep insluitend ? buiteband, skier, wakeboarder of wat ook al, is ook 16ha per boot. Met ander woorde, ? slalombaan gebruik niks meer water as wat benodig word vir enige ander kragboot wat iets of iemand sleep nie. Iewers maak al die argumente teen ? permanente slalombaan nog steeds nie sin nie. Nou ja, soos ? kennis eenkeer ? begaafde skrywer aangehaal het. Al ons diere is mos maar ewe gelyk. Party is net so ? bietjie meer gelyk. Verder wonder ek nog steeds of daar so bohaai sou gewees het as die baan dalk net op ? ander plek voorgestel is?

Iewers is daar is ? drol in die drinkwater.

Het julle opgemerk dat daar meer gras in die dam is. Die fyn tipe wat groot gemors veroorsaak in jou bootskroef? Ek is nie oortuig dat ek my feite reg het nie maar wat is julle gevoelens? Kom gestel ek is reg wat kan die rede wees? Ek weet dat sovêr dit my kennis aangaan al Braam se mense opgaartenke gebruik vir riool en nie septiese stelsels is nie. Ons riool word dan op ? baie gereelde basis weg ge pomp heelwat hoër op. Maar wat as dit nie goed genoeg is nie? Wat gebeur met Rondeberg se riool. Die vark plaas se riool? Opgaartenks onder die waterlyn soos by Hilda se tweede kamp? Die wit huise aan die oorkant? Dag hengelaars orals om die dam? Jan Dissels rivier wat deur die plakkerskamp loop? Is die welige gras dalk ook as gevolg van te veel stikstof in die water indirek weer as gevolg van al die nuwe grasperke wat orals opkom.
Iewers is daar ’n drol in die drinkwater en ons sal vinnig iets hieraan moet begin doen anders gaan mense (Waterwese) van buite af begin ingryp en dan is daar regtig meer stront as wat nodig is.

Groetnis tot volgende keer

Johan Landman

Poespas

Desember 2008
Rondeberg - Polisie stres ontladings oord.
Desember 2007
Floods - 2008